Lucas, die wildeboer –
Nou beskikbaar
R300 (+ aflewering)
Lucas, die Wildeboer
Hierdie feiteroman getuig van intensiewe navorsing oor die Anglo Boere-Oorlog en die konsentrasiekampe. Dit omsluit ook boerdery, mediese- en opvoedingspraktyke van dié tyd. Die roman bevat verhale van Afrika-gebruike en humoristiese legendes. Dit verleen ‘n mate van lighartigheid en beskrywe ‘n ryke kultuur.
Die roman beslaan uit 440 bladsye met 41 fotos (baie hiervan is nooit voorheen gepubliseer nie). Dit is in 127 hoofstukke kompartementeer en vorm ‘n eenheid met die tema. Dit behels die lewe van die jong Wildeboer voor, gedurende en na die Anglo Boere-Oorlog sowel as sy krygsgevangenisskap in Indië. Dit strek oor ‘n periode van so 20 jaar.
Resensie Uittreksels
Engela van Rooyen – Skrywer van Romans, jeug-, kinderverhale en radiodramas
Oorwegend het ek tydens die genoeglike lees die ongelooflik mooie beelding opgeteken. Wat ‘n tour de force … Die aartssintuiglikheid … is regtig mooi: … Die karakters – die mense – in ‘n roman is vir my een van die eintlike toetse van die werk. … in Lucas is daar talle …
Daar is ‘n ongelooflike beskrywing van die destydse Johannesburg: ek haal my hoed af vir die hoeveelheid navorsing, wat goed geïntegreer is ook. Dieselfde geld landboupraktyke, soos die verstandige boer wat sy bogrond bewaar en terugploeg in sy saaigrond.
Alles ingereken was die lees van Lucas vir my ‘n verrykende ervaring en is ek ook verheug oor die mate van omgee onder van die jonger skrywers vir ons “eiegoed”
Ian Raper – Akademikus, skrywer, mentor, vak- en algemene uitgewer.
Die lyding in die kampe is waarskynlik nog nooit so presies en met soveel deernis beskryf nie. ‘n Literêre werk word eers universeel as dit uiters spesifiek is. Hierdie deeglik nagevorste feiteroman word lewend soos sy uitgelewerde mense,
Elma Potgieter – Aktrise, skrywer, vertaler
“Ek dra hierdie boek op aan ons voormense, omdat ek so graag wil sê dat ek hulle liefhet,” … ’n Feiteroman deur ‘n afstammeling van Boere wat aan die Tweede Vryheidsoorlog deelgeneem het, kon gewelddadig en woedend gewees het. … Jy het dit reggekry, Karlien. Sonder woede, maar terselfdertyd sonder terughoudendheid.
Dis ‘n kosbare juweelkis vol kleinood-taalskeppings en praatgebruike wat die leser bekoor en verstom. Dis so goed jy was daar, Karlien.

Lucas, die wildeboer – Nou beskikbaar